Back

Testimony

Submitted by marizelle.pretorious

on - T4, 06/17/2020 - 10:39

South-Africa - 84 Jarige vrou met asma wat die Evangelie versprei.

Date
Organization / Church

Onderhoudvoerder: Ja hallo tannie, baie bly om te sien tannie hou nog aan om die Evangelie te verkondig, selfs in Covid tyd. Tannie het nounet nuwe boekies kom haal. Ek hoor tannie is 84 jaar oud, maar tannie is nie bang nie. Tannie gaan uit en tannie doen wat tannie moet. Verduidelik gou vir die mense hoe tannie sommer hierdie boekies in die supermarkte versprei op die stadium?

84 jaar oud tannie: As ek in 'n winkel is in die gange waar mense die kruideniersware kollekteer, dan stap ek en ek sit 'n boekie daar, twee of drie boekies in verskillende plekke, en dan staan ek daar in die gang en kyk as mense miskien dit vat. Party vat dit dan sit hulle dit in hulle sak, en party vat dit en dan sit hulle dit weer terug. Maar ek glo dat die wat dit vat het dit nodig. Ek het al in 'n winkel in 'n japon se sak ook 'n boekie gesit, en gesien die dame pas dit aan en sy voel in die sak en sy kyk en sy sit dit in haar handsak. So kan 'n mens dit in mans skoene ook sit in die winkel. Jy kan baie doen om die Evangelie te versprei.

Onderhoudvoerder: Dis reg so, baie dankie vir tannie se ywer. So tannie sien dat selfs in hierdie tyd waar almal bang is, kan ons nogsteeds iets doen om die Evangelie te verkondig?

 

84 jaar oud tannie: Ja ons kan, want ons is dankbare mense. As jy 'n kind van die Here is dan leef jy in dankbaarheid en jy kan nie glo wat die Here alles vir jou doen nie. Hoe gesond jy opstaan in die more, dan is jou hart die hele dag vol dankbaarheid. En daarom, omdat ons soveel dankbaarheid het moet ons die Evangelie versprei.

Project